Die sukses van die Skryfgeheime-skryfskool kan direk toegeskryf word aan die gehalte van die kursusmateriaal en die kundige, opbouende terugvoer deur bekwame kursusleiers.
* Alle Skryfgeheime-kursusse word aangebied deur Janie Oosthuysen en Liezl Russell, ervare skrywers / joernaliste wat al herhaaldelik gepubliseer en bekroon is, en ook self as vryskutte in die praktyk staan.
* Hulle is kundig en simpatiek en verstaan die uitdagings wat op nuwe skrywers en joernaliste wag, soos duidelik uit die studente se terugvoer blyk. Hulle doelstelling is om jou sodanig te ontwikkel dat jy by die groot groep gepubliseerde Skryfgeheime-studente kan aansluit: Mense wat deur gerekende, nasionale uitgewers en tydskrifte (gedruk en digitaal) uitgegee word en outeursgeld verdien.
* Jy ontvang die terugvoer op jou skryfwerk BINNE SEWE DAE nadat jy 'n skryfstuk ingestuur het.
* Terugvoer is spesifiek en geïndividualiseer en word direk op jou werkstukke gedoen met behulp van spoorveranderings en kommentaarblokkies. Gevolglik kan jy sien presies wát jy moet verander; asook hóé en wáárom, aangesien alle voorstelle deeglik gemotiveer word.
* As bonus sal jy vind dat jy die kommunikasieproses beter verstaan en dat jy hierdie kennis lateraal in jou verhoudings en werksplek sal indra.
* Gebruik hierdie vorm gerus vir kommentaar wat ander besoekers met hul besluit kan help. Moet dit asseblief nie gebruik vir vrae of navrae nie - ons kan nie daarop reageer nie.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit.
Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie.
Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.
Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.
Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.
Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.
Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers
Driekie Grobler (Monday, 10 March 2014 00:09)
Janie is een van die beste mentors met wie ek nog te doen gekry het. Haar deurlopende hulp en bystand is vir ons almal van onskatbare waarde :)
Elsabie van der Westhuizen (Saturday, 26 October 2013 07:23)
Dit was 'n voorreg om beide Janie en Liezl as Skryfgeheime mentors te kon hê. Die kursus was vir my 'n baie spesiale ervaring maar ek besef dat mens nooit ophou leer nie. Baie dankie vir al julle moeite met die nasien van die werkstukke en soveel motivering enduit met die kursus. Julle is kosbaar.
Corne Franken (Thursday, 24 October 2013 10:16)
Baie dankie vir al jou moeite met die webwerf. Ek geniet elke oomblik van my kursus hoewel my karakters my soms moeg maak. Ek sien uit na die eerste nuusbrief.
Francois Bakkes (Thursday, 24 October 2013 02:17)
Die nuwe webtuiste is briljant. Kan nie wag om te begin nie. Ook vir die terugvoer om die skryfstukke. Het heelwat onvoltooide manuskripte en wil dit graag afrond tot 'n boek wat 'n leser sal koop.
isobel grobler (Tuesday, 22 October 2013 10:29)
Ek wil graag deel wwees van hierdie skryf entoesiaste wat almal so positief is en wat hul suksesse met ons jong skrfstudente deel. Julle is wonderlik.
Julanda van der Merwe (Tuesday, 22 October 2013 09:49)
Lekker om deel te wees van die Skryfgeheime-kring. Eendag is eendag wanneer al die waardevolle kennis wat ek met jou kursus verwerf het, sal sorg vir my eie publikasie op die winkelrak. Intussen werk ek heerlik aan die opdragte. Baie dankie Janie vir jou aanmoediging en waardevolle kommentaar.
Alida Delport (Sunday, 20 October 2013 15:35)
Wil beslis deel wees van die Skryfgeheime toekoms. Dankie vir jou geduld met my. Hierdie agteros droom steeds van eendag in die kraal kom.
Ilze Beukes (Saturday, 19 October 2013 11:11)
Sedert my skooldae (ontelbare jare gelede), het ek 'n droom gekoester om stories te skryf. In 2012 skryf ek in vir Janie se Kinder- en Jeugboek- kursus. Aan die einde van dieselfde jaar onder haar leiding, word daardie droom bewaarheid. Ses van my kort stories word in Via Afrika se leesboeke vir Graad 4-6 gepubliseer. In 2013 word 'n verdere ses kort stories en 4 gedigte in Via Afrika se leesboeke vir Graad 7-9 gepubliseer. In die proses het ek waardevolle skryfvriendinne gemaak wat my droom deel. Janie vir jou sal ek nooit genoeg kan bedank nie! Baie dankie. Doen so voort! :)
Troula Goosen (Saturday, 19 October 2013 05:40)
Om in te skryf vir Skyfgeheime was een van die beste besluite wat ek geneem het. Dit het die wonderwêreld van die kinderboek vir my oopgemaak en dit was net so lekker om uiteindelik my eie publikasie vas te hou. Dan praat ek nie eens van die gawe vriende wat ek gemaak het nie. Baie dankie, Janie.