Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


Promosie:

 

SPRING PRYSVERHOGINGS VRY

Net tot Vrydag 10 Januarie 2025


Kry jou boek of artikel op die rakke! Skryf sommer vandag nog in en sluit aan by ons groeiende groep gepubliseerde skrywers en joernaliste wat gereeld die kollig steel en met hul skryfwerk verdien.

 

Die plekke is beperk, skryf dus so gou moontlik in en spring prysverhogings vry.

* Jy kan onmiddellik met jou kursus begin of eers in die nuwe jaar.

* Vir jou gemoedsrus het jy tot vyf jaar om jou kursus te voltooi.


Al die mense op die foto's is Skryfgeheime-studente

wat deur gerekende, nasionale uitgewers of tydskrifte gepubliseer is


- Kies jou kursus of kursusse -


VLAGSKIP: Algemene Kreatiewe Skryfkursus (8 modules):

As die skryf van kortverhale en boeke vir volwassenes jou voorliefde is, dan is hierdie kursus die regte plek vir jou.

     Jy werk saam met 'n bekroonde skrywer-vertaler van storievonk tot voltooide tydskrifstorie, kortverhaal of vollengte boek, gereed vir voorlegging aan 'n geskikte tydskrif of uitgewer. Lees meer oor die kursus.

Mediakursus vir Vryskutjoernalistiek

(8 modules):

Maak 'n toekomssprong onder die direkte leiding van 'n suksesvolle,  gegradueerde joernalis wat self al jare lank as vryskut in die praktyk staan. Leer skep tydskrifartikels en  webinhoud en begin om jou eie vryskutpraktyk op te bou. Lees meer oor die kursus.



Prenteboekkursus

(7 modules):

Geniet jy rym en ritme en wil jy graag prettige, pittige boeke vir 2-7-jarige pikkies skryf? Hierdie jolige skryfkursus bied alles wat jy soek en meer. Die kleurvolle, interaktiewe aanbieding met geanimeerde webvoorlesings lei tot 'n skryfkursus wat enig in sy soort is. 

Lees meer oor die kursus.

Kinder-en-jeugboek-kursus

(10 modules):

Geslaagde kinderboeke het 'n lang raklewe en word gereeld herdruk, veral met die oog op verspreiding in skole. As die gedagte aan stories vir 8-14-jariges jou na jou veerpen laat gryp, dan is hierdie prettige, praktiese kursus reg vir jou.  Lees meer oor die kursus.



Wil jy inskryf?

Vra die betaalplanne hier aan: 

* Jy sal 'n e-pos ontvang met die betaalplanne en bankbesonderhede. 

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


So werk ons kursusse:

* Jy werk teen jou eie pas per e-pos op 'n een-tot-een basis saam met 'n gepubliseerde, bekroonde mentor aan jou kursusverhaal of -artikel.

* Jy kan onmiddellik met jou kursus begin of eers in die nuwe jaar.

* Kursusmateriaal is toeganklik en in keurige Afrikaans geskryf. Jy ontvang jou modules sowel as jou terugvoer per e-pos, direk van jou kursusleier af.

* Elke kursus ontvou stapsgewys, module vir module, en voer jou van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip.

* Elke module eindig in 'n werkstuk wat jou storie of artikel verder voer. Elke werkstuk moet jy instuur vir ingeligte terugvoer deur jou kursusleier.

* Kundige terugvoer op elke werkstuk bereik jou inkassie binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het. Terugvoer is breedvoerig, maar ook spesifiek, en geskied direk op jou skryfwerk met behulp van spoorveranderings (track changes) en kommentaarblokkies, sodat jy presies kan sien wat jy moet verander en ook hoe jy dit moet verander.

* Betaling kan eenmalig wees, wat 'n ekstra korting insluit, of jy kan van ons betaalplanne gebruik maak.

* Kursusgangers voltooi gewoonlik 1 module per maand, maar wees gerus, jy het tot vyf jaar om jou kursus te voltooi. Die lang tydsduur verskaf aan jou beweegruimte ten opsigte van die tempo waarteen jy kies om te werk.


Elke kursus bied aan jou 'n unieke geleentheid om jou skryfvaardighede te ontwikkel en te slyp onder leiding van 'n gepubliseerde, gegradueerde kursusleier. Die idee is dat jy uitdrukking sal gee aan jou kreatiwiteit en ook in die toekoms met jou skryfwerk sal verdien.