Distopiese fiksie is 'n genre wat toenemend groei in gewildheid. In hierdie verhale word karakters en lesers gekonfronteer met 'n onregverdige bestel waaruit dit bykans onmoontlik is om te ontsnap.
Tot op 'n dag ...
Hierdie kursus is 'n klein kernbom wat die genre aan jou bekendstel en jou inspireer en lei om jou eie distopiese wêreld te skep. Hierdie genre spreek ten diepste tot mense se onderdrukte vrese en skrywers en lesers sal waarlik uit hulle kassies van alledaagsheid klim.
Wat kan jy verwag?
* 'n Prikkelende handleiding van 40 blaaie met verduidelikende gedeeltes, voorbeelde, oefeninge en hulpmiddels.
* Geen sperdatum vir die instuur van jou kursusverhaal nie - jy kan dus ontspanne teen jou eie pas werk en jou verhaal instuur wanneer jy gereed is.
* Gedetailleerde terugvoer op jou verhaal binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het.
* En 'n volledige redigering! Ja, jy lees reg. Nadat jy die terugvoer op jou storie toegepas het, moet jy dit weer instuur, hierdie keer vir 'n deeglike redigering wat jou inkassie binne 7 dae sal tref. Jou keurig geredigeerde verhaal kan jy vir 'n wedstryd inskryf of aan 'n tydskrif stuur. Hierdie kursus is een van die grootste winskope wat ooit oor jou skrywerspad sal kom.
Kursusinhoud:
40 blaaie
* Wat is distopiese fiksie?
* Hoe verskil 'n distopia van 'n utopia?
* Hoe ontstaan 'n distopia?
* Die eienskappe en uitdagings van 'n distopia
* Die omverwerping van 'n distopia
* Skrywers om by te leer
* Distopie en die menslike natuur
* Hoekom lees mense distopiese fiksie?
* Is daar ruimte in Afrikaans vir hierdie genre?
* Storievonke
Hulpmiddel: Bou 'n unieke distopiese wêreld
Hulpmiddel: Bou komplekse, oortuigende karakters
Hulpmiddel: Ontwikkel en skryf 'n storie-uiteensetting
WERKSTUK: Skryf 'n distopiese kortverhaal van 1 500 - 3 000 woorde en stuur dit in vir terugvoer.
Die terugvoer sowel as die finale redigering word direk op jou manuskrip gedoen en dek alle aspekte van die skryfkuns. Elemente wat aangespreek word, sluit in: karakterisering, dialoog, storiebeplanning en -opbou, die geskiktheid van die onderwerp binne 'n distopiese raamwerk, taalgebruik, voorstelle vir insidente en wendings, ensomeer.
* * *
Riaan Conradie skryf: "Vreeslik dankie vir die opbouende en positiewe terugvoer op my kortverhaal. Dit help my om meer effektief te skryf en gee my hoop dat ek nie aan 'n onbereikbare droom klou nie."
Melanie Pienaar skryf: "Ek was in die hospitaal en so deur al die drama het die raamwerk vir my distopiese kortverhaal gegroei na 'n volledige jeugboek. Miskien moet ek jou blameer omdat jou studiepakket so voortreflik is? Ek bewe as ek daaraan dink dat ek besig is om 'n hele boek te skryf, maar 'n mens moet iewers begin, die tyd stap aan, of jy jou drome najaag of nie. En dis vrek lekker so tussen die swaarkry deur."
Shirley Barnard was die eerste deelnemer om haar distopiese verhaal ("Die Muur") in te stuur. Sy het haar terugvoer twee dae later ontvang.
Shirley skryf: "Ek lees weer en weer deur jou terugvoer en sien elke keer iets anders raak en dan rol die gedagtes weer. Moet sê, dis vir my 'n wonderlike ervaring. Jou terugvoer maak so mooi sin en gee 'n nuwe perspektief, dit voel asof my muur 'n eie storie het om te vertel, ek wil nou net sit en skryf."
Magda Maas skryf: "Sjoe, dit was nou 'n wonderlike uitdaging! Ek is klaar! Maandag stuur ek vir jou my eerste poging ooit vir 'n distopiese verhaal ... vreemd, dit is propvol waarheid."
Albert Short skryf: "Dankie vir jou lekker kursus. Soos altyd, nie te veel of te min inligting nie. Net genoeg om jou die nodige insig te gee en jou kop aan die dink te sit. Dis 'n nuttige kursus vir skrywers, maar lesers kan ook daarby baat vind, deurdat hulle die elemente van distopiese verhale sal leer ken en hierdie soort verhale met groter insig sal waardeer."
Op soek na die betaalplanne? Of lus om weg te spring?
Gebruik hierdie vorm:
* Jy sal die prys en die betaalbesonderhede ontvang.
* Jou navraag beteken nie jy is verplig om 'n inbetaling te maak nie.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit.
Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie.
Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.
Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.
Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.
Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.
Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers