Liezl Russell
Sel: 0741476344
Liezl beskryf haarself soos volg: "Skryf is my passie. Dis vir my heerlik om ander mense te help om hul drome te vervul. Gedurende die Kursus in Vryskutjoernalistiek sal jy al die geheime en kortpaaie vind wat ander vryskutte slegs oor 'n lang termyn bemeester."
Liezl is geen liggewig nie.
Swaargewigte met wie sy al onderhoude gevoer het, sluit in:
* Prof Shabir Madhi, hoof van die Covid-19-entstoftoetse in Suid-Afrika.
* Sello Hatang, hoof- uitvoerende beampte van die Nelson Mandela Foundation.
* Nick Hudson, die stigter van PANDA (Pandemic Data Analytics).
Lees die Nick Hudson-artikel:
Liezl se agtergrond:
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Wonderboom in Pretoria en behaal die graad BA Kommunikasie by Noord-Wes Universiteit. In 2005 sluit sy aan by Eastern Times se span en skryf ook vryskutartikels vir Cheeky Magazine en die tienertydskrif TeenZone.
In 2007 sluit sy by Finesse aan en werk in die leefstylafdeling sowel as op die gesondheidsblaaie. Sy assisteer met die vervaardiging van mode- foto-artikels, word bevorder tot gesondheidsredakteur en hanteer vier jaar lank die gesondheidsafdelings van Finesse en Soul. Die kwartaalblad, Finesse Meisie, maak ook deel uit van haar portefeulje.
Daarna vryskut sy twee jaar lank en skryf onder andere vir die volgende publikasies: Vrouekeur, Finesse, Weigh-Less, Eastern Times, Dis-Chem Benefits en die Medihelp Magazine. Replique, die interne Annique-tydskrif, was ook 'n tyd lank deel van haar stal.
Sy bied ook Skryfgeheime se joernalistieke kursus met groot sukses aan. Op die oomblik skryf sy hoofsaaklik vir csrnewssa.co.za artikels vir hulle tydskrif en aanlyn publikasie. Haar liefdestaak is die tydskrif BonBon wat sy tans op die been bring.
Liezl gesels so oor haar werksmetodiek:
In Julie 2020 het ek 'n Covid-19 tydskrif vir CSRNEWSSA saamgestel. Die artikels het grootliks gekyk na die Covid-19 pandemie en hoe dit burgerlike organisasies en die samelewing raak.
Ons wou baie graag ook 'n onderhoud voer met een van die grootkoppe by die Solidariteitsfonds. Met 'n bietjie geluk, het ek vir Adrian Enthoven, die adjunk-voorsitter, opgespoor. Sy persoonlike assistent wou eers niks weet nie: "Adrian is 'n besige man."
Maar, nog nie gereed om moed op te gee nie, en na 'n lang soektog op Google, het ek uiteindelik Adrian se persoonlike e-pos-adres in die hande gekry. Ek was in die wolke toe hy laat weet dat hy wel sou belangstel in 'n onderhoud.
Soos dit party dae gaan, het die onderhoud nie goed begin nie. My redakteur wou 'n profiel hê: Wie is Adrian, wat inspireer hom, wie is sy gesin? Adrian, ’n private mens, wou egter slegs oor die fonds praat.
Ek het net 20 minute met hom gehad, en net een geleentheid wat ek nie weer sou kry nie. Die meeste vrae wat voor my gelê het, was nutteloos, maar gelukkig het ek voor die onderhoud redelik baie oor die Solidariteitsfonds opgelees. Dit was my redding, want soos die onderhoud gevorder het, kon ek nuwe en relevante vrae stel.
Die grootste les uit hierdie ervaring is dat jy eerder oorvoorbereid moet wees. Dis dikwels moeilik om onderhoude te kry met hoëprofielpersoonlikhede, gevolglik moet jy seker maak dat jy jou tyd tot die beste van jou vermoë gebruik. Weet liewer te veel, want jy weet nooit hoe die onderhoud gaan uitdraai nie.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit.
Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie.
Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.
Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.
Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.
Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.
Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers