Hierdie kompetisie is verby. Maar kom loer weer in ... daar sal nog
wees.
Die Skryfgeheime-skryfskool is al veertien jaar lank besig om nuwe skrywers op te lei en hulle en hul boeke, kortverhale en artikels uit te stuur om die wêreld te verower.
In 2022 bied ons 'n opwindende liefdesverhaalskryfkompetisie aan. En net deur deel te neem is jy klaar 'n wenner.
Want nie net ontvang jy 'n lekker leesbare stap-vir-stap handleiding van 34 blaaie oor die skryf van liefdesverhale nie - iets wat jy oor en oor sal gebruik - jy ontvang ook breedvoerige terugvoer op jou storie binne SEWE dae nadat jy dit ingestuur het. Plus die geleentheid om dit te herskryf en opnuut in te stuur vir die finale keuring. Natuurlik moet jy jou dinge so beplan dat jou finale storie ons voor of op die sluitingsdatum van 20 September 2022 bereik.
Boonop ontvang die gewildste VYF inskrywings 'n volledige redigering van hul verhaal sodat hulle hul storie aan 'n tydskrif kan voorlê of vir enige ander kompetisie kan inskryf. En die skrywer van die wenverhaal kry 'n kontantprys van R2,500.
Vir my klink dit na 'n winskoop.
Ek hoop jy stem saam en skryf sommer dadelik in.
Mariska van der Linde skryf: "Baie dankie vir die handleiding. Dit is my eerste skryfstuk en die handleiding het my baie gehelp. Ek het ook lekker gelag, veral van bladsy 30 af."
Schönrad Stander skryf: "Ek het die handleiding so geniet! Dis kort en kragtig, maar dit raak steeds al die punte aan waaroor ek, as 'n betreklik nuwe skrywer, so gewroeg het. Boonop het dit my telkens heerlik laat lag. Dis 'n moet vir enige opkomende skrywer."
Ina Bergh skryf: "Ek het werklik baie baat gevind by die 'lesing'. Ek stuur my storie in vir evaluering. Baie dankie vir die geleentheid."
Sonja von Weidtz skryf: "Dankie vir al die terugvoer en kommentaar. Ek waardeer elke stukkie raad opreg en sien sommer daarna uit om my verhaal te hersien."
RIGLYNE:
* Slegs nuwe skryfwerk. M.a.w. asseblief niks wat al iewers gepubliseer is nie. [Onthou, deelname aan hierdie wedstryd beteken jy behou die
kopiereg op jou verhaal regdeur die proses.]
* Asseblief slegs een inskrywing per skrywer. As jy graag nog 'n storie wil instuur, sal dit as 'n aparte inskrywing
beskou word.
* Storielengte: 1 500 tot 1 600 woorde. Of iewers tussen 1 500 en 3 000 woorde. Ja, jy lees reg. Die rede is dat die meeste tydskrifte stories van 1 500 - 1 600 woorde soek. Die meeste kortverhaalkompetisies soek weer verhale van iewers tussen 1 500 en 3 000 woorde.
* Tema: Enige liefdesintrige wat jou as skrywer prikkel en wat jy reken tot lesers sal spreek.
* 'n Inskrywingsfooi van R150 word gehef. In ruil ontvang jy 'n prikkelende, praktiese handleiding van 34 blaaie oor die skryf van liefdesverhale, gedetailleerde terugvoer op die eerste weergawe van jou storie, die geleentheid om jou finale verhaal weer in te stuur vir die finale keuring, plus die kans om as die algehele wenner aangewys te word en die bedrag van R2,500 te verower. Die gewildste vyf verhale ontvang boonop 'n kop-tot-toon redigering. Liefdesverhale is altyd in aanvraag, dis 'n goeie idee om hierdie genre stewig onder die skrywersknie te kry.
* Sluitingsdatum: 20 September 2022. Spring dus dadelik in.
WIL JY INSKRYF?
GAAN SO TE WERK:
* Betaal die inskrywingsgeld van R150 in en stuur 'n betaalbewys per e-pos na info@skryfgeheime.co.za. Onthou om jou noemnaam en van as verwysing te verskaf. Jy sal jou handleiding blitsig ontvang sodat jy dadelik kan begin skryf.
* Voltooi asseblief die inskrywingsvorm wat hieronder verskyn, indien jy nog geen inskrywingsvorm ingestuur het nie.
* Skryf jou naam, van, e-adres en die titel boaan jou storie en stuur dit as 'n Word-dokument per aanhangsel by 'n e-pos na info@skryfgeheime.co.za.
* Hou duim vas ...
Klik op DOWNLOAD en laai die bankbesonderhede af:
Voltooi hierdie vorm, SLEGS indien jy nog geen inskrywingsvorm ingestuur het nie:
GENIET DIE VERBEELDINGSVLUG ...
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit.
Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie.
Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.
Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.
Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.
Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.
Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers