Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


Skryfkompetisies

NUUSBRIEF:

Promosies

Kompetisies

Skryfkanse

MAANDELIKS



Deelname aan Afrikaanse skryfkompetisies is 'n manier om blootstelling te kry, selfvertroue te ontwikkel en selfs 'n prys los te slaan.

      Het jy 'n inskrywing voltooi en nou wonder jy of dit goed genoeg is? 

      Verhoog jou kans op sukses met ons uitmuntende redigeringsdiens. Die terugvoer is gedetailleerd en spesifiek, dit geskied direk op jou manuskrip en is binne 7 dae in jou inkassie.


Heerlike nuwe kompetisie vir gedigte en kortverhale

Laat waai en skryf in vir Pen Afrikaans, Versindaba en LitNet se kortverhaal- en/of gedigskryfkompetisie. Slegs een inskrywing per persoon per afdeling.

 

Tema: Kyk hoe ver het ons gekom

Lengte: Kortverhaal: 1 500 - 3 000 woorde. Gedig: maksimum van 25 reëls.

Sluitingsdatum: 08 Januarie 2025

Prysgeld in beide afdelings: R10,000 (eerste plek), R5,000 (tweede plek) en R2,500 (derde plek)

 

Beoordeling geskied deurlopend, stuur dus jou verhaal/gedig sodra dit voltooi is na: penkortverhaalkompetisie@gmail.com

 Lees hier meer vir riglyne en reëls ...


NUUT!!!  2024-Woordfeesbundel-kompetisie!!!

Gaan krap in jou storielaai of skryf iets nuuts, want dis tyd vir die negende Woordfeeskortverhaal-kompetisie.

      Prysgeld van R30 000 vir die wenverhaal en

R5 000 elk vir die volgende sowat 24 gekeurde verhale is op die spel. Soos tevore is daar geen tema nie, m.a.w. skrywers kan absoluut skryf waaroor hulle wil.

      Volgens die aanbieders is die vorige agt bundels baie goed deur lesers en kritici ontvang en sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind. Sorg dus dat jóú storie in die negende bundel pronk.

KLIK vir die reëls, riglyne en inskrywingsvorm.


Afrifiksie se 2023-wetenskapfiksie en -fantasiekompetisie

Omdat Afrifiksie vanjaar die 100-jarige bestaan van wetenskapfiksie in Afrikaans vier, gooi hulle die net vir die 2023-kompetisie wyer as gewoonlik met moontlikhede vir inskrywings in meer en nuwe kategorieë.

 

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2024

Lees meer ...


RSG en die ATKV se GROOT Afrikaanse 2023-radiodramakompetisie

Gee lug aan daardie hoorspel/radiodrama wat binne-in jou skuil met hierdie wonderlike AFRIKAANSE skryfkompetisie. R115,000 se pryse is op die spel.

 

ALGEMEEN:

* Daar is geen voorgeskrewe tema of onderwerp nie.

* Inskrywings moet nuwe en oorspronklike radiodramas wees.

* Die volle spektrum van Afrikaans se variëteite kan gebruik word.

* Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.

* Die duur van die dramas moet tussen 40 en 50 minute wees – ‘n maksimum van 45 A4-bladsye wat volgens die wedstrydreëls getik is.

* ‘n Maksimum van sewe karakters word toegelaat.

* Die kompetisie sluit op 31 Augustus 2023.

 

Op 15 Julie sal ʼn komplimentêre aanlyn slypskool aangebied word om jou te help met die skryf van ʼn radiodrama. Ons beveel sterk aan dat die handleiding afgelaai, die inhoud daarvan deeglik bestudeer word en skryfpogings voor die slypskool begin. Om jou plek te bespreek vir die slypskool, stuur jou naam, van en voorkeur-e-posadres vir aanlynaanmelding na radiodrama@rsg.co.za.

Download
A. RSG-Radiodramahandleiding-2023.pdf
Adobe Acrobat Document 891.4 KB
Download
A. RSG-Radiodrama-skryfwenke-2023.pdf
Adobe Acrobat Document 875.3 KB

NB-uitgewers se GROOT 2023-kinder- en jeugboekkompetisie

Die wedstryd bestaan uit twee kategorieë:

* Eerstens vir manuskripte vir lesers 8 tot 12 jaar oud.

Lengte: tot ongeveer 20 000 woorde.

* Tweedens vir manuskripte vir tiener- of jong volwassenes ouer as 13.

Lengte: tot ongeveer 50 000 woorde.

 

Die prysgeld is R50 000 vir die wenkinderverhaal en R50 000 vir die wenverhaal vir tieners of jong volwassenes. Inskrywings word deur ’n paneel van lesers beoordeel. Die wenboeke sal deur NB-Uitgewers se drukname Tafelberg en Human & Rousseau gepubliseer word.

 

Die uitgewery is op soek na oorspronklike, onweerstaanbare en hoogs vermaaklike Afrikaanse manuskripte. Selfs vir nie-wenners is daar die moontlikheid van publikasie by NB-Uitgewers, indien die beoordelaars die manuskrip sou aanbeveel. Slegs ongepubliseerde manuskripte asseblief.

 

Verdere inligting, kompetisiereëls en ’n inskrywingsvorm is HIER verkrygbaar.

 

Sluitingsdatum: 30 November 2023.

Wenners sal in April 2024 bekendgemaak word.

Die boeke sal later in 2024 op die rakke wees.

 

Vir meer inligting oor die kompetisie, kontak Astrid by Astrid.vanStaden@nb.co.za.

Vir medianavrae, kontak Mia by mia.debeer@nb.co.za.


Woordfeesbundel-kompetisie

Klik hier vir die volledige kompetisieriglyne en skryf voor 31 Mei in vir die 2023-Woordfees-kompetisie.  

* Geen voorgeskrewe tema nie.

* Lengte: 1,500 tot 3,000 woorde.

* Slegs een inskrywing per skrywer.

* Inskrywings sluit om 17:00 op 31 Mei 2023.

* Sowat 25 kortverhale sal vir die bundel gekies word.

 

Skrywers wie se werk in die bundel opgeneem word, sal elk R5,000 ontvang. Die skrywer van die wenverhaal wen prysgeld van R30,000.


INK se 2023-skryfkompetisie

INK bied 'n heerlike Afrikaanse kompetisie aan vir die skryf van gedigte en kortverhale. Nuwe en ervare skrywers, oud of jonk, is welkom. Daar is geen voorgeskrewe temas nie. Kortverhale moet tussen 1,000 en 2,500 woorde beslaan en gedigte mag nie langer as 24 versreëls wees nie. Prysgeld en sertifikate is op die spel.

 

Koste: R30 per gedig en R50 per kortverhaal.

Sluitingsdatum: 31 Mei 2023

 

Lees hier meer:

Download
A. INK-kompetisie 2023 - Gedigte en kort
Adobe Acrobat Document 200.4 KB

GESLUIT: Skryfgeheime se "Want jy kan"-liefdesverhaalkompetisie

Lekker prysgeld! Boonop ontvang elke deelnemer 'n prettige, praktiese handleiding oor die skryf van liefdesverhale sowel as breedvoerige terugvoer op hulle kompetisiestorie. 

Hier is die wenners! 


Afrifiksie-skryfkompetisies

Vir meer inligting: HOU HIERDIE BLAD DOP

Verdere navrae: afrifiksie@outlook.com 


RSG - radiodramakompetisie - R115 000 se pryse

"Daar is niks so lekker as om voor die radio te gaan sit en die minute af te tel totdat jou drama uitgesaai word nie," sê Albert Short, Skryfgeheime-skrywer en voormalige RSG-wenner. 

      Wil jy in Albert se sukses deel?

      Klik en vind die volle besonderhede oor die jaarlikse RSG-kompetisie HIER

     

Kort samevatting:

      * Inskrywings kan per e-pos gestuur word na radiodrama@rsg.co.za. Daar is geen voorgeskrewe tema nie, en inskrywings moet nuwe en oorspronklike radiodramas wees.

      * Die volle spektrum van Afrikaans se variëteite kan gebruik word. 

      * Slegs een inskrywing per persoon. 

      * 'n Maksimum van sewe karakters word toegelaat.

      * Die duur van die dramas moet tussen 40 en 50 minute wees – 'n maksimum van 45 A4-bladsye wat volgens die wedstrydreëls getik is.


Pen Afrikaans: jaarlikse kortverhaalwedstryd

Doen hier navraag: penkortverhaalkompetisie@gmail.com


RSG-radiodrama-kompetisie

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie word vanjaar 25. Die prysgeld van R115 000 word soos volg saamgestel: Die wendrama ontvang R50 000, die naaswenner R25 000 en die drama wat die derde plek beklee, kry R15 000.  Die beste jong skrywer (jonger as 30 jaar) ontvang R15 000. 'n Bykomende merieteprys van R10 000 word ook toegeken. Buiten die prysgeld word die wendramas op RSG uitgesaai.

 

Sluitingsdatum: Maandag 16 Augustus 2021

Klik hier en skryf in


Gesluit: Ontleed-'n-film-kompetisie

Wesens, die bekroonde Afrikaanse wetenskapfiksiefilm wat in die Karoo afspeel, is nou beskikbaar op DStv BoxOffice. Tesame met die BoxOffice-vrystelling stel The Suits en LitNet 'n filmontledingskompetisie bekend met R15 000 se pryse.

Kyk die lokprent hier.

Laai die film hier af.


Kyk uit vir die Afrikaans Expo-kompetisies vir skoolkinders

Hierdie afdelings is betrokke:

* Poësie, Voordrag & Kuns: Graad 1 - 12

* Dagboekinskrywing, resensie, opstel, kortverhaal & fotografie: Graad 6 - 12

Deelname is gratis.


Gesluit: Skryf 'n gedig en wees deel van 'n uitvoering

Skryf iets wat uit jou hart kom oor die tema "Wanneer ek jou weer sien" en staan 'n kans dat jou woorde deur Anna Davel, Lizanne Barnard en Leon Ecroignard getoonset en uitgevoer word. Nege lesers kan elk 'n toonsetting van hul gedig wen, sowel as 'n afdruk van 'n skildery oor hul gedig.

 

Driekie Grobler se gedig "Vryheid" is alreeds deur hierdie groep kunstenaars getoonset en saam met ander toonsettings aangebied. Driekie het Skryfgeheime se Algemene Kreatiewe Skryfkursus suksesvol voltooi, laterale denke toegepas en begin dig. En kyk waar is sy nou.


Afgehandel: Skryfgeheime se Covid-19-skryfkompetisie

Hoe reageer jy en die mense om jou op Covid-19? Verveeld? Bang? Kwaad? Bekommerd? Geskok? Verward? Sien jy visioene en vergesigte? Watter scenario's speel in jou gedagtes af? Gaan kreatief om met Covid-19 en skryf die virus uit jou sisteem.


Bloemfonteinse Skrywersvereniging


Tweejaarliks: Sanlam-kompetisie vir jeugverhale


Driejaarliks: NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd


Jaarliks: Poort-skryfkompetisie

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.   


Jaarliks: Woordfees-kortverhaalwedstryd

Lekker pryse! Twintig kortverhale sal gekeur word vir plasing in die Woordfees-bundel. Suksesvolle verhale kan R4 000 wen. Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.  

Sluitingsdatum: 30 September jaarliks. 


Jaarliks: Afri-fiksie

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.

Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.


Maskew Miller Longman - jaarliks


City Press & Tafelberg Uitgewers, nie-fiksie: Jaarliks

City Press en Tafelberg, 'n druknaam van NB-Uitgewers, belê in niefiksie-outeurs deur middel van 'n jaarlikse prys. Die prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan 'n skrywer om navorsing te befonds vir 'n niefiksie-boek oor 'n onderwerp wat belangrik is binne die Suid-Afrikaanse konteks.