2025-BLITSPROMOSIE:
Spaar 20%
Van vandag tot Vrydag 4 April 2025 om middernag
Is skryf al hoe lank op jou wenslys? Wonder jy hoe om te begin? Maak so! Skryf sommer vandag nog in, teen lekker lae pryse, vir enige van ons gewildste DRIE skryfkursusse en sluit aan by ons groeiende groep gepubliseerde skrywers en joernaliste wat gereeld die kollig steel en met hul skryfwerk verdien.
Vir jou gemoedsrus het jy tot vyf jaar om jou kursus te voltooi.
Teen hierdie pryse is die plekke beperk, kies dus 'n kursus en skryf so gou moontlik
in.
Al ons kursusse is geskik vir mense wat nog nooit fiksie of artikels geskryf het nie. Naskoolse kwalifikasies in die letterkunde of skryfkuns is nie 'n vereiste nie, aangesien jy en jou mentor die pad saam gaan stap en jy
alle nodige hulp en leiding gaan ontvang om suksesvol te kan wees.
Praktiese Kreatiewe Skryfkursus
(4 modules):
Spesifiek ontwikkel vir beginnerskrywers en hoërskoolkinders. Gedurende hierdie prettige geïntegreerde kursus gaan jy 'n storie ontwikkel en skryf terwyl jy die nodige skryftegniek onder die knie kry en jou taalkennis, storiekennis en uitdrukkingsvermoë uitbou. Lees meer oor die kursus.
VLAGSKIP: Algemene Kreatiewe Skryfkursus (8 modules):
As die skryf van fiksie vir volwassenes jou voorliefde is, dan is hierdie kursus die plek vir jou.
Hierdie uiters geslaagde dubbelloopkursus lei jou van storievonk tot voltooide tydskrifstorie, kortverhaal of vollengte boek, gereed vir voorlegging aan 'n geskikte tydskrif of uitgewer. Dis ons gewildste kursus met die meeste suksesse. Lees meer oor die kursus.
Mediakursus vir vryskutjoernalistiek
(8 modules):
Maak 'n sprong die toekoms in onder die direkte leiding van 'n suksesvolle, gegradueerde joernalis wat self as vryskut in die praktyk staan. Ontwikkel en skryf 'n tydskrif- of webartikel en leer hoe om jou eie vryskutpraktyk op te bou. Lees meer oor die kursus.
Vra die betaalplanne en bankbesonderhede hier aan:
* Jy sal 'n e-pos ontvang met die betaalplanne en bankbesonderhede.
* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.
* Jy werk teen jou eie pas per e-pos op 'n een-tot-een basis saam met 'n gepubliseerde, bekroonde mentor aan jou kursusverhaal of -artikel.
* Kursusmateriaal is toeganklik en in keurige Afrikaans geskryf.
* Elke kursus ontvou stapsgewys, module vir module, en voer jou van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip (storie of artikel).
* Elke module eindig in 'n werkstuk wat jou storie verder voer en wat jy moet instuur vir terugvoer deur jou mentor/kursusleier.
* Kundige terugvoer op elke werkstuk bereik jou inkassie binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het. Terugvoer is breedvoerig, maar ook spesifiek, en geskied direk op jou skryfwerk met behulp van spoorveranderings en kommentaarblokkies, sodat jy presies kan sien wat jy moet verander en ook hoe jy dit moet doen.
* Betaling kan eenmalig wees, wat 'n ekstra korting insluit, of jy kan van ons betaalplanne gebruik maak.
* Kursusgangers voltooi gewoonlik 1 module per maand, maar wees gerus, jy het tot vyf jaar om jou kursus te voltooi. Die lang tydsduur verskaf aan jou beweegruimte ten opsigte van die tempo waarteen jy kan of wil werk.
Elke kursus bied aan jou 'n unieke geleentheid om jou skryfvaardighede te ontwikkel en te slyp onder leiding van 'n ervare, gepubliseerde, gegradueerde kursusleier. Die idee is dat jy nie net jou kursus sal geniet nie, maar ook uitdrukking sal gee aan jou kreatiwiteit en in die toekoms met jou skryfwerk sal verdien.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Ek het tyd spandeer om weer deur die modules, voorbeelde en terugvoer te werk en het opnuut waardering gekry vir jou aanslag, eerlikheid en kennis. Jou terugvoer is objektief en opbouend. Baie dankie daarvoor. Corrie Botha
Uiteindelik het ek die moed bymekaar geskraap om my kortverhaal en dekbrief vir jou aandag te stuur.
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit.
Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie.
Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.
Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.
Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.
Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.
Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers