Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


2024-JAAREIND-PROMOSIE

Van Maandag 18 November tot Maandag 9 Desember 2024


Is skryf op jou wenslys? Skryf sommer vandag nog in TEEN LEKKER LAE PRYSE vir enige van ons gewildste vyf kreatiewe en media-skryfkursusse en sluit aan by ons groeiende groep gepubliseerde skrywers en joernaliste wat gereeld die kollig steel en met hulle skryfwerk verdien. Teen hierdie pryse is die plekke beperk, skryf dus asb. so gou moontlik in. Jy kan onmiddellik met jou kursus begin of eers in die nuwe jaar. Vir jou gemoedsrus het jy tot vyf jaar om jou kursus te voltooi.   


Kies jou kursus - of kursusse


Praktiese Kreatiewe Skryfkursus

(4 modules):

Spesifiek ontwikkel vir beginnerskrywers en hoërskoolkinders. Gedurende hierdie geïntegreerde kursus gaan jy 'n kort storie ontwikkel en skryf terwyl jy die nodige skryftegniek onder die knie kry en jou taalkennis, storiekennis en uitdrukkingsvermoë uitbou en inoefen. Lees meer oor die kursus.

VLAGSKIP: Algemene Kreatiewe Skryfkursus (8 modules):

As die skryf van kort of lang fiksie vir volwassenes jou voorliefde is, dan is hierdie kursus die plek vir jou.

     Hierdie uiters geslaagde dubbelloopkursus lei jou van storievonk tot 'n voltooide tydskrifstorie, kortverhaal of vollengte boek, gereed vir voorlegging aan 'n geskikte tydskrif of uitgewer. Lees meer oor die kursus.

Mediakursus vir vryskutjoernalistiek

(8 modules):

Maak 'n toekomssprong onder die direkte leiding van 'n suksesvolle,  gegradueerde joernalis wat self as vryskut in die praktyk staan. Skep 'n tydskrifartikel of webinhoud. Begin om jou eie vryskutpraktyk op te bou. Lees meer oor die kursus.



Prenteboekkursus (7 modules):

Geniet jy rym en ritme en wil jy graag prettige, pittige boeke vir 2-7-jarige pikkies skryf? Hierdie jolige skryfkursus bied alles wat jy soek en meer. Die kleurvolle, interaktiewe aanbieding met geanimeerde webvoorlesings lei tot 'n kursus wat enig in sy soort is. Martelize Faber se verhaal het onlangs 'n herdruk beleef. Lees meer oor die kursus.

Kinder-en-jeugboek-kursus

(10 modules):

Geslaagde kinderboeke het 'n lang raklewe en word gereeld herdruk, veral met die oog op verspreiding in skole. As die gedagte aan stories vir 8-14-jariges jou na jou veerpen laat gryp, dan is hierdie prettige, praktiese kursus die regte plek vir jou. Met Die doodgewone bure was De Wet die wenner van NB Uitgewers se afdeling vir 8-12-jariges. Lees meer oor die kursus.



Wil jy inskryf?

Klik op DOWNLOAD, laai die betaalplanne af en volg die aanwysings.

Download
2024-Jaareindpromosie - betaalplanne en
Microsoft Word Document 20.2 KB

Of vra die betaalplanne hier aan: 

* Jy sal 'n e-pos ontvang met die betaalplanne en bankbesonderhede. 

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


So werk ons kursusse:

* Jy werk teen jou eie pas per e-pos op 'n een-tot-een basis saam met 'n gepubliseerde, bekroonde mentor aan jou kursusverhaal of -artikel.

* Jy kan onmiddellik met jou kursus begin of eers in die nuwe jaar.

* Kursusmateriaal is toeganklik en in keurige Afrikaans geskryf.

* Elke kursus ontvou stapsgewys, module vir module, en voer jou van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip.

* Elke module eindig in 'n werkstuk wat jy moet instuur vir terugvoer deur jou mentor/kursusleier.

* Kundige terugvoer op elke werkstuk bereik jou inkassie binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het. Terugvoer is breedvoerig, maar ook spesifiek, en geskied direk op jou skryfwerk met behulp van spoorveranderings en kommentaarblokkies, sodat jy presies kan sien wat jy moet verander en ook hoe jy dit moet doen.

* Betaling kan eenmalig wees, wat 'n ekstra korting insluit, of jy kan van ons betaalplanne gebruik maak.

* Kursusgangers voltooi gewoonlik 1 module per maand, maar wees gerus, jy het tot vyf jaar om jou kursus te voltooi. Die lang tydsduur verskaf aan jou beweegruimte ten opsigte van die tempo waarteen jy kan of wil werk.


Elke kursus bied aan jou 'n unieke geleentheid om jou skryfvaardighede te ontwikkel en te slyp onder leiding van 'n gepubliseerde, gegradueerde kursusleier. Die idee is dat jy uitdrukking sal gee aan jou kreatiwiteit en ook in die toekoms met jou skryfwerk sal verdien.