Wou jy nog altyd 'n moord pleeg?
Seker nie, maar indien jy dalkies oor "moord" fantaseer ...
hier is jou kans om een te "pleeg", daarmee weg te kom en - wie weet - 'n kontantprys te verower.
En die lekkerte is ... ALMAL is welkom.
Jy hoef nie 'n ingeskrewe student te wees nie.
Skryfgeheime is vanjaar vyftien jaar oud en is steeds besig om nuwe skrywers en joernaliste op te lei om die wêreld met hul boeke, kortverhale en artikels te verower.
In 2023 bied ons ons derde kortkursus-skryfkompetisie aan - hierdie keer vir MOORDSTORIES. En net deur deel te neem is jy klaar 'n wenner.
Want nie net ontvang elke deelnemer 'n lekker leesbare, stap-vir-stap, prettige, praktiese HANDLEIDING van 28 blaaie oor die skryf van moordverhale nie - iets wat jy vorentoe oor en oor sal gebruik - jy ontvang ook BREEDVOERIGE TERUGVOER op jou storie binne SEWE DAE nadat jy dit ingestuur het.
Boonop kry elke deelnemer die geleentheid om daardie einste storie te herskryf en WEER in te stuur vir die finale keuring en die kans op die prysgeld van R2,750.00
Natuurlik moet jy jou dinge so beplan dat DIE EERSTE WEERGAWE van jou storie ons so gou moontlik bereik (mik vir 15 September) sodat
daar genoeg tyd sal wees vir ons om jou terugvoer te skryf en vir jou om jou storie te herskryf. Want onthou, jou FINALE HERSIENE STORIE moet voor of op 25
September by ons wees om die finale keuring te haal.
En dis nie al nie.
Benewens daardie heerlike, kundige terugvoer - waarna deelnemers aan skryfkompetisies altyd so smag - ontvang die gewildste VYF inskrywings ook 'n intensiewe redigering sodat hulle hul verhaal net so vir 'n ander geskikte kompetisie of tydskrif kan stuur. En soos reeds genoem, kry die skrywer van die algehele wenverhaal 'n kontantprys van R2,750.00.
Vir my klink dit na 'n winskoop.
Ek hoop jy stem saam en skryf dadelik in.
Johan de Nysschen is maar een van daardie deelnemers wie se verhaal na afloop van 'n Skryfgeheime-kompetisie elders gepubliseer is. Sy 2022-Klim-uit-jou-kassie-verhaal, "Tussen Note", het in Desember 2022 in Huisgenoot verskyn.
SPERDATUMS:
15 September 2023 vir die eerste weergawe van jou storie.
25 September 2023 vir die finale weergawe van jou storie.
Inskrywingsfooi: R175
SKRYF SO IN:
1. Voltooi die vorm
2. Klik op "DOWNLOAD" en maak die inbetaling
3. Stuur 'n betaalbewys aan
* Gebruik jou noemnaam en van as verwysing en stuur 'n betaalbewys na info@skryfgeheime.co.za sodat jy jou handleiding dadelik per e-pos kan ontvang.
* Indien jy met die "download" hierbo sukkel, vra asb. die bankbesonderhede aan by info@skryfgeheime.co.za.
VERDERE RIGLYNE:
* Slegs nuwe skryfwerk. M.a.w. asseblief niks wat al iewers gepubliseer is nie. [Onthou, deelname aan hierdie wedstryd beteken jy behou die
kopiereg op jou verhaal regdeur die proses.]
* Inskrywing kos R175 per storie. As jy graag nog 'n storie of twee wil instuur, sal elkeen as 'n aparte inskrywing
beskou word, jy sal dus vir elkeen R175 moet betaal.
* Storielengte: Iewers tussen 1 500 en 3 500 woorde. Ja, jy lees reg. Die rede is dat die meeste tydskrifte stories van 1 500 - 1 600 woorde soek. Die meeste kortverhaalkompetisies, bloemlesings of bundels soek weer verhale van iewers tussen
1 500 en 3 500 woorde.
* Tema: Enige moordintrige wat jou as skrywer prikkel en wat jy reken tot lesers sal spreek.
VERDERE VOORDELE:
Nie net staan jy die kans om 'n lekker kontantprys te verower nie, jy gaan ook skryftegniek onder die knie kry wat jou skrywerskap sal versterk.
Jy sal:
* leer hoe om kort, kragtig en op die man af te skryf,
* uitvind hoe om spanning en afwagting by jou lesers te skep,
* agterkom hoe om leidrade slim te plant sodat speurder en lesers op 'n dwaalspoor gestuur sal word,
* wendings ontwikkel wat jou storie in onverwagse rigtings sal stuur.
En nog veel meer ...
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit.
Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie.
Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.
Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.
Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.
Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.
Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers