Beste, billikste, meeste gepubliseerde studente by gerekende uitgewers en tydskrifte
Voortgesette onderrig is die sleutel tot nuwe kennis, kreatiewe uitlaatkleppe en addisionele inkomstestrome. Mense wat in hulleself belê, skep ook vir hulleself 'n nuwe toekoms.
Die Skryfgeheime-skryfskool bied kwaliteit aanlyn Afrikaanse media- en kreatiewe skryfkursusse aan almal wat met hul skryfwerk wil uitblink.
Hier leer jy, in noue samewerking met 'n ervare, gepubliseerde mentor, hoe om 'n geslaagde storie of artikel te skryf en aan 'n gerekende uitgewer, nuusblad, webwerf of tydskrif voor te lê.
As jy daardie vreugde wil ervaar wanneer jy dit wat jy in jou verbeelding "sien" suksesvol op papier vasgevang het, en boonop sielsgraag jou skryfwerk in druk wil kry én daarmee verdien, dan kuier jy vandag op die regte plek.
Wonder jy hoe jy jou doelstellings gaan bereik?
Met hierdie elemente:
* 'n Raamwerk
Praktiese, stapsgewyse kursusmateriaal in sprankelende Afrikaans dek alle nodige aspekte van die skryfkuns.
* Volgehoue ondersteuning & groei
Prikkelende, opbouende terugvoer deur 'n gepubliseerde mentor binne sewe dae nadat jy 'n skryfstuk ingestuur het, hou jou storie en jou entoesiasme warm.
* Vryheid
Jy het die vryheid om teen jou eie pas te werk en te betaal soos jy vorder. Afhangend van jou behoeftes kan jy selfs jou kursus staak en later hervat.
Ontspan, jy is in die hande van ervare mense wat ook op hul dag beginners was en weet hoe jy voel. Die doelstelling is immers om jou op te bou, want jou sukses is immers ook ons sukses.
Jy benodig:
* Die begeerte om jou storie op die rakke te sien, uitgegee deur 'n gerekende uitgewer.
* Toegang tot 'n rekenaar, e-pos en die internet.
Ons waarborge:
* Oorgenoeg tyd om jou kursus teen jou eie pas binne vyf jaar te voltooi.
* Gedetailleerde, simpatieke terugvoer deur kundiges binne sewe dae.
* Billike betaalplanne en 'n ingeboude korting op die eenmalige betaling.
* As jy graag jou naam in druk wil sien, sluit by Skryfgeheime aan en vind uit hoe om by gerekende nasionale uitgewers, tydskrifte en ander platforms gepubliseer te word.
* Skryfgeheime bied 'n verskeidenheid
beproefde aanlyn kursusse om uit te kies wat jou teen jou eie pas voer van die vind van 'n werkbare idee tot manuskripvoorlegging.
* Kursusmateriaal met 'n logiese opbou geskryf in keurige Afrikaans, en beproefde hulpmiddels wat jou doelgerig lei, van die vind van 'n geskikte storievonk tot en met 'n voltooide, afgeronde manuskrip.
* Een tot een begeleiding deur 'n gegradueerde, bekroonde skrywer of joernalis, tesame met kundige terugvoer binne sewe dae, kry jou storie op papier.
* Die vryheid om jou kursus tydelik te onderbreek en later te hervat binne jou kursustydperk van 5 jaar.
Sekerlik om uitdrukking te gee aan al die karakters en idees wat in hulle koppe maal. Ook om mense te bereik en iets na te laat: iets tasbaars wat 'n ruk sal bly staan en lesers sal laat dink, meesleur en vermaak.
Maar hoe besluit jy waaroor om te skryf? En hoe skep jy 'n vollengte verhaal of boek uit idees, belewenisse, los gedagtes, herinneringe en verbeelde insidente? En sal jy eerlike, opbouende terugvoer ontvang sodat jou manuskrip sal groei en nie halfpad sal verwelk nie?
In wese draai alles om passie. M.a.w. die drang om kreatief met woorde, idees en karakters om te gaan móét daar wees. So ook die vaardighede. Want 'n boek verg baie: dit moet samehang toon, maar ook verrassend wees; oortuig, maar ook ontgogel; uniek, vars en opwindend wees, maar ook logies en sonder melodrama.
Talle mense soos jy klop by Skryfgeheime aan om 'n storie te leer skryf wat vermaak en onderrig, verruk, meesleur en/of totaal anders is, selfs skokkend - en boonop publiseerbaar.
Volg hulle voorbeeld: kies 'n kursus en ontwikkel en skryf 'n manuskrip wat jy met trots aan 'n uitgewer of tydskrif kan voorlê.
* Elke kursus is opgebou uit 'n spesifieke getal modules. Elke module dek sekere aspekte van die skryfkuns.
* Elke module stuur stapsgewys op 'n gehalteproduk af.
* Elke module eindig in 'n werkstuk waarop jy binne sewe dae geïndividualiseerde terugvoer ontvang.
* Terugvoer is kundig, simpatiek en maklik verstaanbaar.
* Jou kursusleier gebruik spoorveranderings en kommentaarblokkies en werk direk op jou skryfstukke sodat jy die "wat" en die "hoe" van skryf maklik kan volg.
* Die terugvoer dra direk by tot ons suksesse elke maand, naamlik al daardie vryskutte uit ons stal wat deur gerekende nasionale uitgewers en tydskrifte gepubliseer word.
* Jy kan ook by hierdie groeiende groep
aansluit deur vandag nog in te skryf.
* Praktiese Kreatiewe Skryfkursus:
'n Geïntegreerde kursus waartydens jy tegniek inoefen terwyl jy 'n storie ontwikkel en skryf. Ideaal vir beginnerskrywers en skoliere. (4 modules)
* Algemene Kreatiewe Skryfkursus:
'n Tweestroomkursus waartydens jy 'n publiseerbare kortverhaal, tydskrifstorie, skets, novelle of 'n vollengte roman (dik boek) ontwikkel en skryf. (8 modules)
* WriteSmarter Creative Writing Course:
Similar to the Algemene Kreatiewe Skryfkursus. Designed to lead you from finding a suitable story spark to a completed manuscript. The ultimate goal is publication of your novel or short story by a reputable publisher or magazine. (8 modules)
* Kursus in Vryskutjoernalistiek:
Vind die kortpaaie vir sukses met hierdie markgerigte mediakursus en ontwikkel en skryf blogs, tydskrif- en foto-artikels, berigte en ander media-inhoud onder leiding van 'n ervare, gegradueerde vryskutjoernalis. (8 modules)
'n Publikasiegerigte kursus waartydens jy 'n opwindende storieboek vir kinders of jong tieners ontwikkel en skryf. (10 modules)
'n Unieke, interaktiewe kursus vir die skryf van 'n publiseerbare teks vir pikkies van 2 - 5. Jy vind 'n gepaste idee en bou dit uit tot 'n prettige verhaal. (7 modules)
* Klim-uit-jou-kassie-kursus vir die skryf van distopiese verhale:
Moet hierdie een nie miskyk nie. Jy ontwikkel en skryf 'n kortverhaal (of boek) wat binne 'n distopiese bestel afspeel. (Omvattende handleiding van 40 blaaie met gedetailleerde terugvoer op jou verhaal.)
* Klim-uit-jou-kassie-kortkursus vir die skryf van liefdesverhale:
Gedurende hierdie kursus bring jy twee mense suksesvol bymekaar met 'n kortverhaal vol prikkelende wendings. (Handleiding van 38 blaaie sowel as gedetailleerde terugvoer op jou skryfwerk.)
* Klim-uit-jou-kassie-kortkursus vir die skryf van moordstories:
Wou jy nog altyd 'n moord pleeg? Dalk nie. Maar gewapen met hierdie kursus kan jy die moordstorie van jou drome "pleeg". (Handleiding van 36 blaaie sowel as gedetailleerde terugvoer op jou skryfwerk.)
* Taal- en skryfstylopknapper:
'n Selfdoenkursus vir verbeterde taalkennis, skryftegniek en skryfstyl (70 blaaie, 35 take met uitgewerkte memoranda).
Dienste:
* Manuskripontwikkeling, -beoordeling & redigering:
Jy ontvang terugvoer direk op jou manuskrip of skryfstuk met 'n bespreking van die publikasiemoontlikhede en riglyne vir die verbetering daarvan. Of jy laat jou werk redigeer met behulp van spoorveranderinge (track changes) en redigeerblokkies (reviewing blocks) sodat jy jou werk met trots aan 'n geskikte uitgewer kan stuur.
* Manuskripbeoordeling & redigering:
Jy ontvang 'n verslag oor jou manuskrip of skryfstuk met talle wenke vir die verbetering van jou skryfwerk, asook 'n bespreking van die publikasiemoontlikhede.
Jou manuskrip of skryfstuk word deeglik geredigeer met behulp van spoorveranderings (track changes) en kommentaarblokkies, gereed vir voorlegging aan 'n geskikte publikasie.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit.
Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie.
Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.
Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.
Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.
Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.
Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers